2010 Super 14-seisoen
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die 2010 Super 14-seisoen het in Februarie 2010 afgeskop met voorseisoenwedstryde wat van middel Januarie gespeel is. Die kompetisie het op 30 Mei ten einde geloop. Die 2010-seisoen was die vyfde en laaste van die vergrote Super 14 formaat van die kompetisie. Die skedule het oor ’n tydperk van 3½ maande gestrek met 94 wedstryde wat gespeel is, waarvan elke span een keer teen elk van die dertien ander spanne gespeel het (in ’n rondomtalietoernooi) plus twee halfeindrondtes en een eindrondte. Elke span het een loslootjie oor die veertien rondtes gehad.
Kitsfeite Deelnemende lande, Kampioen ...
2010 Super 14 | |
Amptelike logo | |
Deelnemende lande | Australië Suid-Afrika Nieu-Seeland |
---|---|
Kampioen | Bulls (3de titel) |
Wedstryde gespeel | 92 |
Drieë gedruk | 537 (gem. 5.837 per wedstryd) |
Meeste punte aangeteken | 263 Morné Steyn (Bulls) |
Meeste drieë gedruk | 9 Drew Mitchell (Waratahs) 9 Joe Rokocoko (Blues) |
Sluit