Adam Mickiewicz
Poolse nasionale digter, dramaturg, essayis, vertaler en politieke aktivis (1798-1855) / From Wikipedia, the free encyclopedia
Adam Bernard Mickiewicz [mi:ts'kjɛvi:tʃ], * 24 Desember 1798 in Zaosie, Russiese Ryk (tans Belarus); † 26 November 1855 in Konstantinopel, word as die nasionale digter van Pole beskou. Hy was die grondlegger en beduidendste verteenwoordiger van die Poolse Romantiese beweging.
Pools-Litause digter en essayis
Literêre stroming
Romantiek
Beduidende werke
Pan Tadeusz
Dziady
Oda do młodości
Romantyczność
Sonety krymskie
Reduta Ordona
Musea
As digter, kolomskrywer, politieke aktivis en visioenêr het Mickiewicz een van die invloedrykste persoonlikhede van die Poolse en Europese vryheidstryd in die 19de eeu geword. Hy het vanaf 1824, die jaar toe hy na Rusland verban is, die grootste deel van sy lewe as balling in die buiteland deurgebring, waarvan 22 jaar in Frankryk.