Anadoluhisarı
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Anadoluhisarı, Kasteel van Anatolië of Fort van Asië is ’n fort in Istanboel, Turkye, aan die Asiatiese kant van die Bosporus. Dit is tussen 1393 en 1394 deur die Ottomaanse sultan Bajezid I laat bou tydens die beleg van Konstantinopel om te keer dat hulp die stad bereik.