Andrew Murray McGregor
From Wikipedia, the free encyclopedia
Andrew Murray McGregor (1873 - 20 September 1943) was predikant van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, waarvan 'n kwarteeu in Drieankerbaai, Kaapstad.
Andrew Murray McGregor was die tweede seun van Andrew McGregor (1829 - 1918), wat in 1860 deur dr. William Robertson in Skotland gewerf is om as predikant in Suid-Afrika te kom arbei en in 1862 as stamvader van die McGregors na die land toe kom. Sy eerste en enigste gemeente was Robertson, waarvan die standplaas eers Hoopsrivier genoem is tot dit in 1853 ter ere van dr. Robertson hernoem is.