Basilius I die Masedoniër
From Wikipedia, the free encyclopedia
Basilius I of Basilius die Masedoniër (Grieks: Βασίλειος ὁ Μακεδών; 830/835 – 29 Augustus 886) was die Bisantynse keiser van 867 tot 886. Hy was waarskynlik van Armeense afkoms.
Kitsfeite Bewind, Ander naam ...
Basilius I | |
---|---|
Keiser van die Bisantynse Ryk | |
’n Muntstuk wat Basilius I uitbeeld asook sy seun Konstantyn en tweede vrou, Eudokia Ingerina. | |
Bewind | 867–886 |
Ander naam | Basilius die Masedoniër |
Dinastie | Masedoniese |
Gebore | 830/835/836[1] |
Oorlede | 29 Augustus 886 |
Voorganger | Michael III |
Opvolger | Leo die Wyse |
Eggenote | Maria Eudokia Ingerina |
Kinders | Konstantyn, Leo, Alexander, Stephen |
Sluit
Hy het opgang in die hof gemaak en eindelik keiser Michael III se bewind oorgeneem. Ondanks sy nederige herkoms uit ’n boeregesin het hy die staatsake doeltreffend hanteer en die ryk gelei tot ’n renaissance van Bisantynse kuns. Die Masedoniese Dinastie wat hy gestig het, het oor Bisantium geheers in wat as sy mees glorieryke en vooruitstrewende tydperk beskou word.