Braamfontein (plaas)
plaas waarop Braamfontein-voorstad later ontwikkel is / From Wikipedia, the free encyclopedia
Braamfontein is een van die Boereplase waarop die stad Johannesburg gebou is. Van die voorstede wat mettertyd daarop aangelê is, is Braamfontein self (voorheen bekend as Clifton), Auckland Park, Brixton, Cottesloe, Emmarentia, Forest Town, Greenside, Jan Hofmeyr, Melville, Newtown, Parktown, Parkview, Parkwood, Richmond, Rosebank, Rossmore, Saxonwold, Sunnyside, Vrededorp, Wanderers View, Westcliff en Westdene.