Clyde Tombaugh
From Wikipedia, the free encyclopedia
Clyde Tombaugh (4 Februarie 1906 – 17 Januarie 1997) was 'n Amerikaanse sterrekundige. Hy is veral bekend vir die ontdekking van die dwergplaneet Pluto in 1930, die eerste voorwerp wat ontdek is in 'n gebied wat later as die Kuiper-gordel geïdentifiseer sou word. Daarnaas het hy ook 14 planetoïede ontdek. Hy het ook ernstige wetenskaplike navorsing oor vreemde vlieënde voorwerp, of VVV's, bepleit.
Kitsfeite Gebore, Sterf ...
Clyde Tombaugh | |
---|---|
Tombaugh op sy familie se plaas met sy tuisgemaakte teleskoop. | |
Gebore | Clyde William Tombaugh 4 Februarie 1906 Streator, Illinois |
Sterf | 17 Januarie 1997 (op 90) Las Cruces, Nieu-Mexiko |
Nasionaliteit | Verenigde State van Amerika |
Beroep | Sterrekundige |
Bekend vir | Ontdek Pluto |
Sluit