Colonia Tovar
From Wikipedia, the free encyclopedia
Colonia Tovar is 'n dorp met 14 300 inwoners, sowat 70 kilometer wes van die Venezolaanse hoofstad Caracas in die deelstaat Aragua.
Kaart | Vlag |
Wapen | |
Land | Venezuela |
Deelstaat | Aragua |
Koördinate | 10°25′N 67°17′W |
Gestig op | 8 April 1843 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 250 vk km |
Hoogte bo seevlak | 2 200 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2001) | 14 309 |
- Bevolkingsdigtheid | 57/vk km |
Tydsone | UTC -4:30 |
Burgemeester | Alfredo Durr (PSUV) |
Amptelike Webwerf | coloniatovar.net |
'n Groot persentasie van die dorpsbevolking is nasate van Duitse immigrante uit die Kaiserstuhl-gebied wat hier in 'n subtropiese omgewing 'n idilliese kolonie met vakwerkhuise en Duitse kulinêre tradisies - met onder meer Duitse bier en Swartwoudkoek - gestig het. Ook koekoekklokke, die bekendste soort Swartwoudklokke, word hier nog steeds vervaardig. Die dorp het danksy sy florerende toerisme- en landboubedryf die hoogste per capita-inkomste in Venezuela.