Dauphiné
From Wikipedia, the free encyclopedia
Dauphiné (Oksitaans: Daufinat, Arpitaans : Dôfenâ) is 'n voormalige provinsie in suidwestelike Frankryk wat rofweg ooreenkom met die huidige départements Isère, Drôme en Hautes-Alpes. Die historiese hoofstad is Grenoble en die hoofdorpe is Vienne, Valence, Die, Gap en Briançon.
|
Die provinsie in die noorde deur die Rhône begrens wat Bresse en Bugey van mekaar skei. In die ooste is dit deur Savoye en Piémont begrens en in die suide deur die Comtat Venaissin en Provence. Die westelike grens is aangedui deur die Rhône suid van Lyon. Dauphiné het gestrek tot by die buitewyke van Lyon. Die provinsie kon verdeel word in Haut Dauphiné (Opper-Dauphiné), die Alpynse gedeelte van die provinsie en Bas Dauphiné of Dauphiné du Midi (Neder-Dauphiné) wat uit die pre-Alpe en medium valleie van die Rhône bestaan het.