FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1934
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die tweede FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Italiaans: Campionato Mondiale di Calcio – Italia ’34; Engels: FIFA World Cup) is vanaf 27 Mei tot 10 Junie 1934 in Italië aangebied. Dit was die eerste Sokker-Wêreldbekertoernooi wat in Europa en Italië aangebied is. Die Koninkryk Italië onder Benito Mussolini se fascistiese bewind het dié toernooi as ’n geleentheid misbruik om sy ideologie en propaganda vir sy beleid oor die hele wêreld uit te saai. Verder is die gasheer se regering van inmenging en korrupsie beskuldig.
Campionato Mondiale di Calcio – Italia ’34 | |
---|---|
Toernooi-inligting | |
Gasheerland | Italië |
Datums | 27 Mei – 10 Junie |
Spanne | 16 (van 4 konfederasies) |
Stadions | 8 (in 8 stede) |
Finale uitslag | |
Kampioene | Italië (1 titel) |
Tweede plek | Tsjeggo-Slowakye |
Derde plek | Nazi-Duitsland |
Vierde plek | Oostenryk |
Toernooi-statistieke | |
Wedstryde gespeel | 17 |
Doele | 70 (4.12 per wedstryd) |
Bywoning | 358 000 (21 059 per wedstryd) |
Meeste punte | Oldřich Nejedlý (5 doele)[1] |
Beste speler | Giuseppe Meazza |
← 1930 1938 → |
16 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1934 deelgeneem. Tydens dié toernooi is geen groepfase beslis nie en dit het met die agtste eindrondte afgeskop. Een vermeende sterker span het teen een swakker span elk gespeel. Italië het die trofee gewen nadat hulle Tsjeggo-Slowakye met 2–1 in die eindstryd geklop en sodoende hul eerste wêreldbekertitel ingepalm het. Nazi-Duitsland het in die derde en Oostenryk in die vierde plek geëindig.
Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het nie aan die toernooi deelgeneem nie omdat hulle nie ’n lid van FIFA was nie. Die verdedigende kampioen en vorige gasheer Uruguay het uit protes vir die min Europese deelname tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1930 nie aan hierdie toernooi deelgeneem nie, as gevolg daarvan was dit die enigste Sokker-Wêreldbekertoernooi waaraan ’n verdedigende kampioen nie deelgeneem het nie.