Georgië
From Wikipedia, the free encyclopedia
Georgië (Georgies: საქართველო, Sakartwelo, [sɑkʰɑrtʰvɛlɔ], luister (hulp·inligting)) is 'n Eurasiese land in die Kaukasus en is geleë aan die ooskus van die Swartsee. Sy buurstate sluit in Rusland (noord), Turkye en Armenië (suid) en Azerbeidjan (oos). Die hoofstad en grootste stad is Tbilisi; Koetaisi het vanaf Oktober 2012 tot Desember 2018 as regeringsetel gedien. Die land beslaan ’n oppervlakte van 69 700 km² en ’n bevolking van omtrent 3,7 miljoen.
| |||||
Nasionale leuse: ძალა ერთობაშია Dzala ertobasjia (Georgies vir: "Sterkte deur Eenheid") | |||||
Volkslied: თავისუფლება Tawisoepleba (Georgies vir: "Vryheid") | |||||
Hoofstad | Tbilisi | ||||
Grootste stad | Tbilisi | ||||
Amptelike tale | Georgies (landswyd) Abchasies (Abchasië)[1][2] | ||||
Regering | Unitêre parlementêre grondwetlike republiek Salome Zoerabisjwili Irakli Kobachidze | ||||
Onafhanklikheid • Koninkryk Kolchis • Koninkryk Diauehi • Koninkryk Iberië • Koninkryk Lasika • Prinsdom Iberië • Koninkryk Abchasië • Koninkryk Georgië • Russiese verowering • van die Russiese Ryk • Sowjetse herowering • van die Sowjetunie: • Verklaar • Bereik • Huidige grondwet |
13de eeu–164 v.C. 12de eeu–8ste eeu v.C. 302 v.C.–580 n.C. 131 v.C.–697 n.C. 580–880 n.C. 767–1014 n.C. 1008 12 September 1801 26 Mei 1918 25 Februarie 1921 9 April 1991 25 Desember 1991 24 Augustus 1995 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
69 700 km2 (119de) 26 900 myl2 | ||||
Bevolking - 2024-skatting - 2014-sensus - Digtheid |
3 736 400a[3] 4 012 104b (126ste) 3 713 804a[4] 57,6 / km2 (137ste) 149,2 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
MOI (2021) | 0,802[6] (63ste) – baie hoog | ||||
Gini (2021) | 34,2[7] – medium | ||||
Geldeenheid | Lari (ლ) (GEL ) | ||||
Tydsone - Somertyd |
GET (UTC+04) nie toegepas nie (UTC+04) | ||||
Internet-TLD | .ge .გე | ||||
Skakelkode | +995 | ||||
a. Uitsluitende besette gebiede (Abchasië en Suid-Ossetië). b. Insluitende besette gebiede. |
Georgië het ’n demokraties verkose staatshoof. Sedert 2018 is dit Salome Zoerabisjwili. Danksy onder meer die voormalige president, Micheil Saakasjwili, se goeie betrekkinge met die Verenigde State vorder Georgië goed in sy poging om 'n Navo-lidland te word. Dit is onder groot protes van Rusland, wat Georgië en ander oud-Sowjetstate steeds as deel van sy invloedsfeer beskou.
Koninkryke wat in die gebied geleë was, Iberië en Kolchis, het in die 4de eeu n.C. reeds die Christelike geloof aanvaar. Vandag is 80% van die inwoners Georgies-Ortodokse Christene, terwyl 2% Russies-Ortodoks en 4% van die Armeens-Apostoliese Kerk is.
Georgië het die hoogtepunt van sy politieke en ekonomiese mag in die 11de tot 12de eeu bereik toe Iberië en Kolchis in die Koninkryk Georgië verenig is. In die begin van die 19de eeu is Georgië deur die Russiese Ryk geannekseer.[8] Ná ’n kort tydperk van onafhanklikheid ná die Russiese Rewolusie van 1917, het die Sowjetunie Georgië in 1921 beset en het dit die Georgiese Sosialistiese Sowjetrepubliek geword. Ná onafhanklikwording in 1991 het die land verskeie ekonomiese terugslae gehad wat vererger is deur onrus in dele van die land. Dit het voortgeduur tot met die Roosrewolusie van 2003, waarna ’n nuwe regering demokratiese en ekonomiese hervormings ingestel het.[9]
Die land is lid van verskeie internasionale organisasies. Dit bevat twee de facto onafhanklike streke, Abchasië en Suid-Ossetië, wat beperkte internasionale erkenning gekry het ná die Russies-Georgiese Oorlog van 2008.[10]