Groot-Bergrivier
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Groot-Bergrivier is die tweede grootste rivier in die provinsie Wes-Kaap in Suid-Afrika. Dit is naastenby 294 km lank en strek van die Drakensteinberge tot by Velddrif. Die opvanggebied is 7 715 km² groot. Omtrent 65% van die Bergrivierarea is onder landbou-aktiwiteite. Die hoofdorpe in die Bergrivierarea is Velddrif en Laaiplek naby die kus, Piketberg, Hopefield, Moorreesburg en Darling meer binneland toe en Wellington, Paarl en Franschhoek naby die oorsprong.
Kitsfeite Bergrivier, Koördinate: 32°46′13″S 18°8′41″O ...
Bergrivier | |
---|---|
Die Bergrivierdam. | |
Stroomgebied | Wes-Kaap, Suid-Afrika |
Monding | Atlantiese Oseaan |
Lengte | 294 km |
Koördinate: 32°46′13″S 18°8′41″O |
Sluit
Die rivier is eers in 1872 vir die eerste maal in sy volle lengte bevaar met 'n hout boot, die Zephyr. Dit het 9 dae geduur.