Kalabrië
From Wikipedia, the free encyclopedia
Kalabrië (Italiaans: Regione Calabria)[1] was in die oudheid bekend as Bruttium of as Italia. Dit is 'n gebied in die suide van Italië en vorm die "toon" van die Italiaanse skiereiland. Die hoofstad is Catanzaro, maar die grootste stad en die setel van die Regionale Raad is Reggio.
---Sidenote START---
Meer inligting Wapen en vlag, Algemene gegewens ...
Wapen en vlag | |
---|---|
Algemene gegewens | |
Hoofstad: | Catanzaro |
Administratiewe verdeling: | 5 provinsies |
Oppervlakte: | 15 080 vk km |
Bevolking: | 1 954 403 (30 Oktober 2012) |
Bevolkingsdigtheid: | 163 inwoners per vk km |
Webwerf: | www.regione.calabria.it |
ISO 3166-2: | IT-78 |
President: | Mario Oliverio (Demokratiese Party) |
Kaart | |
Sluit
In die noorde grens Kalabrië aan Basilicata, in die weste aan die Tirreense See en in die ooste aan die Ioniese See. Kalabrië beslaan 15 080 vk. Km. en het net minder as 2 miljoen inwoners. In die oudheid is die woord Kalabrië gebruik om na die suidelike deel van Apulia, die skiereiland van Salento (die "hakskeen" van Italië) te verwys.