Kliprivier, Vrystaat/Mpumalanga grens
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Kliprivier is 'n sytak van die Vaalrivier. Die rivier ontspring sowat 30 km noord van Memel naby Mullerspas. Net noord van Memel vloei die rivier in 'n moeras van 25 km2 in. Die Seekoeivlei-natuurreservaat is op 'n deel van die moeras ontwikkel.
- Vir ander riviere met die naam Kliprivier, sien Kliprivier.
Kitsfeite Koördinate: 27°3.38′0″S 29°4′20″O ...
Kliprivier | |
---|---|
Stroomgebied | Vrystaat/Mpumalanga |
Hoofrivier | Vaalrivier |
Sytak -links | Pampoenspruit |
Monding-hoogte | 1 512 m |
(samevloei met Vaalrivier) | |
Koördinate: 27°3.38′0″S 29°4′20″O |
Sluit
Hierna is die rivier vir sowat 80 km die grens tussen Mpumalanga en die Vrystaat. Die Kliprivier vloei uiteindelik saam met die Vaalrivier sowat 30 km wes van Standerton.