Monserrat, Buenos Aires
From Wikipedia, the free encyclopedia
Monserrat (Spaans: monseˈrat) of Montserrat (die oorspronklike Katalaanse naam, munsəˈrat) is 'n stadsdeel (Spaans: barrio) oos van die sentrale besigheidsdistrik van die Argentynse hoofstad Buenos Aires.
Monserrat Montserrat | |
---|---|
Barrio (stadsdeel) | |
Kloksgewys van bo: die Plaza de Mayo, die Cabildo, Diagonal Sur en Casa Rosada | |
Ligging in Buenos Aires | |
Koördinate: 34°36′45″S 58°23′00″W | |
Land | Argentinië |
Outonome stad | Buenos Aires |
Comuna | C1 |
Oppervlak | |
• Totaal | 2,2 km2 (0,8 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 43 560 |
• Stedelike digtheid | 19 800/km2 (51 000/vk. myl) |
Tydsone | UTC-3:00 (ART) |
Sommige van die belangrikste openbare geboue in Buenos Aires is in Monserrat geleë, waaronder die stadsaal, die stadsparlement, die Casa Rosada (die presidensiële paleis), die befaamde hoërskool Colegio Nacional de Buenos Aires en die Libertador-gebou, die hoofkwartier van die Argentynse Departement van Verdediging.
Die bekende straat Avenida de Mayo, wat die Plaza de Mayo (Meiplein) met die Plaza de los Dos Congresos (Twee-Kongresse-plein) verbind, loop deur die stadsdeel.
Een of twee straatblokke suid van die Plaza de Mayo begin die oudste deel van Monserrat. Dit is ook die oudste kwartier in Buenos Aires, en selfs vandag is min van sy geboue buiten die Avenida Belgrano jonger as honderd jaar. In die suide grens die kwartier aan 'n ander historiese stadsdeel, San Telmo.