Mtamvunarivier
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Mtamvunarivier is 'n groot rivier wat die binnelandse grens vorm tussen die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal in Suid-Afrika. Die rivier het 'n breë Indiese Oseaan-monding net suid van Port Edward, wat dit ideaal maak vir motorboot- en ander watersporte.
Kitsfeite Mtamvunarivier Umtamvuna, Koördinate: 31°4′49″S 30°11′42″O ...
Mtamvunarivier Umtamvuna | |
---|---|
Die kloof van die Mtamvunarivier | |
Stroomgebied | Oos-Kaap/KwaZulu-Natal Suid-Afrika |
Oorsprong | Naby Weza Bosreservaat |
Monding | Indiese Oseaan |
Lengte | 162 km |
Oorsprong-hoogte | 1820 m |
Monding-hoogte | 0 m |
Stroomgebiedopp. | 1553 km² |
Koördinate: 31°4′49″S 30°11′42″O |
Sluit
Die Mtamvunarivier is ongeveer 162 km lank met 'n opvanggebied van ongeveer 1 553 km². Die naam beteken "die nemer van mondevol" in Xhosa as gevolg van die skade wat die rivier veroorsaak tydens vloede.
Oorlewering vertel dat enige persoon wat nie sy sonde bely voor hy die rivier oorsteek nie, sal deur die watergeeste weggevoer word. Dit is skynbaar ook die tuiste van meerminne; hulle word gereeld waargeneem waar hul op maanlig-aande in die water baljaar.