Murat IV
From Wikipedia, the free encyclopedia
Murat IV Ghazi (Ottomaanse Turks: مراد رابع, moderne Turks: IV.Murat; 26/27 Julie 1612 – 8/9 Februarie 1640) was van 1623 tot 1640 sultan van die Ottomaanse Ryk.
Kitsfeite Volle naam, Ottomaanse naam ...
Murat IV | |
---|---|
Sultan van die Ottomaanse Ryk Kalief van Islam | |
Volle naam | Sultan Murat IV Ghazi |
Ottomaanse naam | مراد رابع |
Tydperk | 1623–1640 |
Stadium | Groei van die Ottomaanse Ryk |
Huis | Osman |
Voorganger | Mustafa I |
Opvolger | Ibrahim |
Toegra |
Sluit
Hy was bekend vir die herstel van die mag van die staat asook die wreedheid van sy metodes. Murat was die seun van sultan Ahmet I en Kösem Sultan. Hy het in 1623 aan die bewind gekom ná ’n paleis-sameswering toe hy sy oom Mustafa I opgevolg het. Hy was net 17 jaar oud toe hy sultan word.