Nasionale Seereddingsinstituut van Suid-Afrika
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Nasionale Seereddingsinstituut van Suid-Afrika (NSRI) is 'n welwillendheidsorganisasie wat lewens red op see en langs die Suid-Afrikaanse kuslyn. Die instituut het 31 kusstasies en vier binnelandse stasies wat 'n verskeidenheid van nooddienste lewer met die hulp van meer as 900 vrywilligers.
Die NSRI werk saam met ander soek- en reddingsorganisasies in Suid-Afrika, soos onder meer die Suid-Afrikaanse Vloot, die Suid-Afrikaanse Walvisbevrydingsnetwerk en die Suid-Afrikaanse Rooi Kruis-lugambulansdiens. Gedurende 2014-'15 het die NSRI 643 reddingsoperasie geloods en 760 mense gered. Dit sluit nie die nasionale syfers van ander reddingsdienste in nie.