Opkoms van Japan as Wêreldmoondheid
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die snelle opkoms van Japan in die moderne wêreld kan beskryf word as een van die merkwaardigste ontwikkelinge van die vorige eeu. Dit is merkwaardig in dié opsig dat 'n volk wie se bestaan tot ongeveer honderd en vyftig jaar gelede vir die wêreld van geen politieke of belang was nie, in dié tydbestek tot een van die toonaangewende wêreldmoondhede geword het. Tot in die 1940’s het die Westerse wêreld nie ten volle die betekenis van die veranderinge besef wat in die Verre-Ooste aan die gang was nie. Hierdie veranderinge was die gevolg van die kontak met die Weste en sy instemminge met die ou kultuur, instellinge en volke van die Ooste.