Os du Randt
From Wikipedia, the free encyclopedia
Jacobus Petrus "Os" du Randt (gebore 8 September 1972), is 'n voormalige Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat loskopstut vir die Springbokke, Sentrale Cheetahs (Super 14), en die Vrystaat Cheetahs (Curriebeker) gespeel het. Hy het teen sy aftrede die meeste wedstryde vir die Springbokke gespeel, 'n rekord wat later deur John Smit, Victor Matfield en Tendai Mtawarira oortref is. Du Randt het vir die Cats in die Super 12 gespeel, maar het na die nuwe Sentrale Cheetahs Super 14 span oorgeskuif nadat die Vrystaat Cheetahs van die Catsspan afgeskei is. Hy was een van die min oorblywende internasionale-vlak spelers van die amateurera wat destyds aanhou speel het.
Kitsfeite Volle naam, Bynaam ...
| |||||
Bakkies Botha, Os Du Randt en Victor Matfield kan op die foto gesien word. | |||||
Volle naam | Jacobus Petrus du Randt | ||||
---|---|---|---|---|---|
Bynaam | Os | ||||
Geboortedatum | 8 September 1972 (1972-09-08) (51 jaar oud) | ||||
Geboorteplek | Elliot, Suid-Afrika | ||||
Lengte | 1,90 m | ||||
Massa | 127 kg | ||||
Skool | Laerskool Elliot Adelaide Gimnasium | ||||
Eggenote | Hannelie | ||||
Kinders | Thian, JP | ||||
Beroep | Boer | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Stut | ||||
Springbokno. | 619 | ||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
'96-'97, 1999 2000 2002–2007 |
Vrystaat Blou Bulle Vrystaat Cheetahs |
||||
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
1997 1998 2000 2004–2005 2006–2007 |
Vrystaat Goue Leeus Bulls Cats Sentrale Cheetahs |
||||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
1994–2007 | Suid-Afrika | 80 | (25) |
Sluit