Pretoriastasie
From Wikipedia, the free encyclopedia
Pretoriastasie is die sentrale spoorwegstasie in Pretoria. Dit is geleë tussen die sentrale sakegebied van Pretoria en Salvokop, in 'n 1910-gebou wat deur Herbert Baker ontwerp is. Dit is die eindpunt van verskeie Metrorail-pendeldienste in die noordelike deel van Gauteng, en 'n halte op Shosholoza Meyl se langafstanddienste vanaf Johannesburg na Polokwane en Nelspruit. Pretoriastasie is ook die noordelike eindpunt van die luukse Bloutreindiens vanaf Kaapstad. Platforms en spoorlyne vir die Gautrein-sneltreindiens is aangrensend aan die hoofstasie.
Adres
Scheidingstraat, Pretoria
Koördinate
Konstruksie
Geopen: 1892
Herbou: 1910
Restoureer na brand: 2001