Raymond Buckland
From Wikipedia, the free encyclopedia
Raymond Buckland (* 31 Augustus 1934; † 27 September 2017) was 'n Brits-gebore Amerikaanse skrywer van fiksie en nie-fiksie, 'n liturgis en Wicca-priester. Volgens sy geskrewe werke was hy die eerste persoon in die VSA wat openlik toegegee het dat hy 'n beoefenaar van Wicca is.
Kitsfeite Gebore, Sterf ...
Raymond Buckland | |
---|---|
Gebore | (1934-08-31)31 Augustus 1934 |
Sterf | 27 September 2017 (op 83) |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Beroep | skrywer, liturgis en Wicca-priester |
Ouer(s) | Stanley Thomas Buckland Eileen Lizzie Wells |
Geloof | Wicca |
Sluit
In 1963 het sy eerste en enigste ontmoeting met Gerald Gardner plaasgevind wat aan hom die beginsels van Gardneriaanse Wicca uiteengesit het. In die volgende jaar het hy Gardneriaanse Wicca in die VSA ingevoer, maar het later sy eie tradisie ontwikkel wat as Seax-Wicca bekend staan – sonder om sy oorspronklike Gardneriaanse eed te verbreek. Buckland het as spreker by Nieu-Heidense vergaderings en ander gebeurtenisse opgetree.