Roman
narratiewe teks, gewoonlik van 'n aansienlike lengte en in die vorm van prosa wat 'n fiktiewe en opeenvolgende verhaal beskryf / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die term roman verwys na 'n groot verskeidenheid van veral prosatekste wat van 'n oorwegende fiksionele aard is. Die kernelemente van die roman is die karakters, tyd, ruimte, en gebeure. In elke roman figureer karakters wat aan tyd en ruimte gebonde is. Die organisasie van hierdie gebeure lei tot die verhaalplan, oftewel intrige.
- Hierdie artikel bespreek die letterkundige begrip. Vir ander gebruike, sien roman (dubbelsinnig).