Sailor Malan
From Wikipedia, the free encyclopedia
Kolonel Adolf Gysbert (Sailor) Malan (Wellington, 3 Oktober 1910 – 17 September 1963) was 'n befaamde Suid-Afrikaanse vlieënier en 'n kampvegter vir menseregte.
Adolf Gysbert (Sailor) Malan | |
---|---|
Sailor Malan in uniform | |
Bynaam(e) | Sailor |
Geboortedatum | 3 Oktober 1910 |
Geboorteplek | Wellington |
Sterfdatum | 17 September 1963 (53 jaar oud) |
Lojaliteit | Brits |
Jare in diens | 1935–1946 |
Rang | Groepkaptein |
Poste beklee | - No. 74 Squadron RAF - 19 Fighter Wing, 2nd TAF - 145 (Free French) Fighter Wing |
Veldslae/oorloë | Tweede Wêreldoorlog -- Slag om Brittanje |
Toekennings | Distinguished Service Order & Bar - Distinguished Flying Cross & Bar |
Hy is in die Boland gebore en ontvang sy skoolonderrig op Wellington en kry daarna opleiding aan boord van die Suid-Afrikaanse opleidingskip Generaal Botha. Hierna het hy diens gedoen op die Union-Castle-Redery tot 1936.
In 1935 het die Britse Lugmag sy vlieënierskorps aansienlik begin uitbrei en Malan was een van die manne wat aangesluit het (1936). Hy het geleer om 'n Tiger Moth te vlieg by 'n elementêre vliegskool naby Bristol, en die eerste keer gevlieg op 6 Januarie 1936. Hy voltooi sy opleiding en op 20 Desember 1936 word hy gestuur om aan te sluit by 74 Eskader. Hy is in Januarie 1937 bevorder tot loodsoffisier en in Augustus aangestel as waarnemende vlugbevelvoerder van die sogenaamde A Flight, wat Spitfires gevlieg het. Kort voor die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog is hy bevorder tot vlugluitenant.