Scarlets
Walliese rugbyspan / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Scarlets ((cym) Y Sgarlets) is een van die vier professionele rugbyspanne van Wallis. Hulle ding mee in die Guiness Pro14, die Europese Rugbykampioenebeker en die Anglo-Walliese Beker. Die span word verbind met ’n aantal plaaslike semi-professionele en amateurklubs, insluitend Llanelli RVK, Carmarthen Quins RVK, en Llandovery RVK wat in die Walliese Premierliga speel. Die klub was aanvanklik bekend as Llanelli Scarlets maar het aan die begin van die 2008-’09-seisoen hul naam verander na die huidige.
Scarlets | ||||
Unie | Walliese Rugbyunie | |||
Bynaam(e) | Bois Sospan, Turke | |||
Embleem | Draak | |||
Stigting | 2003 | |||
Stadion | Parc y Scarlets, Llanelli | |||
Kapasiteit | 14 870 | |||
Afrigter(s) | Steve Tandy | |||
Kaptein(s) | Ken Owens | |||
Liga(s) | Guiness Pro14 | |||
2017-’18 | 2de (3de na rondomtalie) | |||
|
||||
Statistiek | ||||
---|---|---|---|---|
Meeste wedstryde | 369 Vernon Cooper | |||
Meeste punte | 2 850 Stephen Jones | |||
Meeste drieë | 173 Wayne Proctor | |||
Amptelike webwerf | ||||
www.scarlets.co.uk |
In die 2007-’08-seisoen het Scarlets die meeste van hul tuiswedstryde op Stradey Park in Llanelli gespeel, met sommige wedstryde wat op Renbaangronde in Wrexham gespeel. Hul tuisveld, Parc y Scarlets is naby Pemberton gebou en in November 2008 geopen.