Sinn Féin
From Wikipedia, the free encyclopedia
Sinn Féin (uitgespreek /ʃɪn feɪn/ in Engels en Afrikaans, /ʃiːɲ fʲeːnʲ/ in Iers-Gaelies) is 'n politieke party toegewy tot Ierse Republikanisme wat baiekeer gesien word as die politieke vleuel van die Ierse Republikeinse Leër.[2][3] Die party word tans deur Mary Lou McDonald gelei (opvolger van Gerry Adams). Sinn Féin se belangrikste kenmerk is streng nasionalisme, terwyl die party se maatskaplike en ekonomiese beleid as sosiaal-demokraties beskou word. Die party is ten gunste van baie groter openbare besteding ter verligting van armoede en universele gesondheidsorg.
Sinn Féin | |
SF | |
Leier | Mary Lou McDonald Michelle O'Neill (Noord-Ierland) |
---|---|
Slagspreuk | "Building an Ireland of Equals" |
Gestig | Histories: 28 November 1905 Huidige: 1970 |
Nuusbrief | An Phoblacht |
Hoofkwartier | 44 Parnell Square, Dublin 1, Republiek van Ierland |
Jeugvleuel | Sinn Féin Republican Youth |
Ideologie | Ierse republikanisme Demokratiese sosialisme[1] |
Internasionale affiliasie | European United Left–Nordic Green Left |
Amptelike kleure | Groen |
Webblad | sinnfein.ie |
Die party is gevestig in die Republiek van Ierland (met vyf uit 166 in die Dáil Éireann) en Noord-Ierland (met 27 setels uit 90, die grootste Iers-nasionalistiese party in die Noord-Ierse Vergadering. Die party het ook 5 setels (uit 646) in die parlement van die Verenigde Koninkryk, maar die lede neem nie aan parlementêre verrigtinge deel nie