Suid-Afrikaanse militêre dekorasies: 1975-2003
From Wikipedia, the free encyclopedia
In 1975 het die Suid-Afrikaanse regering die destyds bestaande reeks dekorasies en medaljes vir die Suid-Afrikaanse Weermag ingrypend verander. Die meeste toekennings is afgeskaf, en nuwes is ingestel. Addisionele dekorasies en medaljes is tussen 1987 en 1991 ingestel. Hierdie reeks toekennings is in 1994 deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag oorgeneem en is in 2003 deur 'n heeltemaal nuwe reeks vervang.
Die dekorasies en medaljes word in voorrangorde gelys, beide ten opsigte van groepering en die indiwiduele toekennings, soos volg:
- Dekorasies vir dapperheid, uitnemende leierskap, en voortreflike diens.
- Veldtogmedaljes.
- Herdenkingsmedaljes.
- Medaljes vir troue diens.
- Medaljes vir skietbedrewenheid.
- 'n Embleem vir Eervolle Vermelding in Berigte.