Derde Liga (Nederland)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Derde Liga (tot 2016 Topklasse geheet) is die vierde vlak in die Nederlandse sokkerkompetisies en is semiprofessioneel.
Kitsfeite Sportsoort, Gestig ...
Derde Liga | |
2022–23 Derde Liga | |
Sportsoort | Sokker |
---|---|
Gestig | 2010 |
Eienaar | KNVB |
Inwydingseisoen | 2010 |
Deelnemende lande | Nederland |
Aantal spanne | 31 |
Mees onlangse kampioen | VV Noordwijk (2018–19) |
Verwante kompetisies | Eredivisie Eerste Liga Tweede Liga Hoofdklasse Eerste klasse |
Sluit
Die Derde Liga is opgedeel in twee aparte kompetisies:
- die Saterdag Derde Liga (vir spelers wat vanweë hulle geloofsoortuigings nie op Sondag mag speel nie).
- die Sondag Derde Liga.
Die kampioene speel in Mei 'n dubbel-eindstryd vir die algehele amateurkampioenskap. Die kampioen skuif op na die Tweede Liga. Die nommers 14, 15 en 16 relegeer na die Hoofdklasse. In 2020 en 2021 is as gevolg van die wêreldwye Covid-19-pandemie geen kampioen gekroon nie.