Tromsø
From Wikipedia, the free encyclopedia
Tromsø ([ˈtrumsø], Noord-Samies: Romsa, Kvenies: Tromssa) is 'n stad en munisipaliteit (Noors: kommune) in die Noord-Noorse provinsie (fylke) Troms met 'n oppervlakte van 2 557 vierkante kilometer en 'n bevolking van 65 758 mense (1 April 2008). Sowat 50 000 mense woon in die sentrale stadsgebied van Tromsø, terwyl die res van die bevolking oor die hele munisipaliteit versprei is.
Kaart | Wapen |
Ligging in Troms | |
Land | Noorweë |
Provinsie (Fylke) | Troms |
Koördinate | 69° 40' N, 18° 56' O |
Stigting | 1252 (Kirkested) |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 2 557 vk km |
Hoogte bo seevlak | 0 m |
Bevolking: | |
- Totaal (1 April 2008) | 65 758 |
- Bevolkingsdigtheid | 26/vk km |
- Taalvorm | Onsydig |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
Klimaat [1] | |
- Tipe | Koel-gematigde seeklimaat |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 2,8 °C |
- Gem. temp. Januarie/Julie | -4,0 / 11,7 °C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslae | 973 mm |
Burgemeester | Kristin Røymo (Ap) |
Amptelike Webwerf | tromso.kommune.no |
Tromsø is die administratiewe hoofstad van Troms en die grootste stad in die Nordiese lande noord van die Arktiese Poolsirkel. Tromsø huisves die wêreld se noordelikste universiteit, brouery en katedraal. Die vernaamste ekonomiese sektore is onderwys, navorsing, administrasie, vissery en satelliet-tegnologie.
As 'n ou Ysseestad was Tromsø die vertrekpunt van talle ekspedisies. Die eerste kerkgebou in die gebied het reeds in 1252 ontstaan, en in 1794 het Tromsø stadstatus gekry. Die plaaslike universiteit is in 1972 gestig en tans een van altesaam 54 skole en tersiêre instellings met meer as 18 500 leerders en studente.