Vlag van St. Kitts en Nevis
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die nasionale vlag van St. Kitts en Nevis is op 19 September 1983 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n diagonale swart baan met geel fraaiings van die onderkant van die vlagpaalkant na bo aan die wapperkant met twee vyfpuntige wit sterre in. Die boonste driehoek is groen en die onderste driehoek is rooi.
Kitsfeite Gebruik, Verhouding ...
Gebruik | Nasionale vlag en Burgerlike- en Staatsvaandel |
---|---|
Verhouding | 2:3 |
Goedgekeur | 19 September 1983 |
Ontwerp | ’n Diagonale swart baan met geel fraaiings van die onderkant van die vlagpaalkant na bo aan die wapperkant met twee wit sterre in, die boonste driehoek groen en die onderste driehoek rooi. |
Gebruik | Vlootvaandel |
Verhouding | 1:2 |
Ontwerp | ’n Rooi Sint Joriskruis met wit agtergrond en die nasionale vlag in die skildhoek. |
Sluit