Wêreldmoedertaaldag
From Wikipedia, the free encyclopedia
Wêreldmoedertaaldag is ’n dag wat wêreldwyd jaarliks op 21 Februarie gevier word om die bewustheid van taalkundige en kulturele verskeidenheid en veeltaligheid te bevorder. Dit is op 17 November 1999 deur Unesco aangekondig. Hierdie viering is ook amptelik erken deur die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in sy besluit om 2008 as die Internasionale Jaar van Tale te vestig.[1]
Wêreldmoedertaaldag het ontstaan as internasionale erkenning van Taalbewegingsdag, wat sedert 1952 in Bangladesj (voorheen bekend as Oos-Pakistan) herdenk is toe ’n aantal studente, insluitend studente van die Universiteit van Dhaka doodgemaak is deur Pakistanse polisie in Dhaka gedurende die proteste van die Bengaalse Taalbeweging.