Wladimir I van Kiëf
From Wikipedia, the free encyclopedia
Wladimir I of sint Wladimir die Grote (956 – 15 Julie 1015) het as grootprins oor Kiëf-Roes regeer. Hy was ’n kleinseun van Olga en het hom in 988 tot die Christendom bekeer. Daarna het hy die hele Kiëf-Roes laat doop.
Kitsfeite Periode, Voorganger ...
Wladimir I | |
---|---|
Grootprins van Kiëf | |
Wladimir I van Kiëf, in ’n tekening uit die 1905-boek Die Verhaal van Rusland, deur R. van Bergen. | |
Periode | 980 – 1015 |
Voorganger | Jaropolk I |
Opvolger | Swjatopolk I |
Huis | Rjoerik |
Vrou | Verskeie |
Kinders | O.a. 12 seuns |
Vader | Swjatoslaf I |
Moeder | Maloesja |
Gebore | Omstreeks 950 |
Oorlede | 1015 |
Feesdag | 15 Julie |
Bynaam | Sint Wladimir die Grote |
Sluit
Sy naam kan op verskeie maniere gespel word: Wolodimir (Володимир) in Oud-Oos-Slawies en moderne Oekraïens, Wladimir (Владимир) in Ou Kerkslawies en moderne Russies, Valdamarr in Oud-Noors en Valdemar in moderne Skandinawiese tale.