Zimbabwe-Rhodesië
From Wikipedia, the free encyclopedia
Zimbabwe-Rhodesië (Engels: Zimbabwe Rhodesia), was 'n nie-erkende staat in die suidelike Afrika op die gebied van die huidige Zimbabwe, wat van 1 Junie tot 12 Desember 1979 bestaan het. Zimbabwe-Rhodesië is uit die nie-erkende Republiek van Rhodesië (vernoem na Cecil Rhodes) gestig en is opgevolg van die Britse kolonie van Suid-Rhodesië. Op 18 April 1980 het die gebied as Republiek van Zimbabwe onafhanklik geword.
| |||||
| |||||
Zimbabwe-Rhodesië op die gebied van die huidige Zimbabwe | |||||
Hoofstad | Salisbury | ||||
Taal/Tale | Engels (amptelik), Shona, Noord-Ndebele | ||||
Regering | Republiek | ||||
President | Josiah Gumede | ||||
Eerste Minister | Abel Muzorewa | ||||
Historiese tydperk | Koue Oorlog | ||||
- Stigting | 1 Junie 1979 | ||||
- Ontbinding | 12 Desember 1979 | ||||
Oppervlakte | |||||
- 1979 | 390 580 km2 150 804 sq mi | ||||
Bevolking | |||||
- 1979 skatting | 6 930 000 | ||||
Digtheid | 17,7 /km² 46 /sq mi | ||||
Geldeenheid | Rhodesiese dollar |
Onder druk van die internasionale gemeenskap om die aansprake op burgerregte deur die Swartbevolking in Rhodesië te bevredig, is 'n "Interne Skikking" opgestel tussen die Smith-administrasie van Rhodesië en gematigde Afrika-nasionalistiese partye wat nie by gewapende weerstand betrokke was nie. Intussen het die regering voortgegaan om die gewapende weerstand van beide die Sowjet- en Chinees-ondersteunde Marxistiese bevrydingsbewegings te beveg, na wie steeds as "terroriste" verwys is. Die Rhodesiese Bosoorlog was ook 'n verlenging van die Koue Oorlog, wat 'n gelastigde-konflik (proxy conflict) tussen die Weste en Ooste was, soortgelyk soos dié in Vietnam en Korea.
Die "Intere Skikking"-ooreenkoms het gelei tot die verslapping van onderwys-, eiendoms- en inkomstekwalifikasies vir kiesersrolle, wat die eerste ooit swart meerderheidskiesers tot gevolg gehad het. Die land se staatsdiens, regbank, polisie en gewapende magte word steeds deur dieselfde amptenare geadministreer, van wie die meeste blankes was, weens die samestelling van die hoër-middelklas van die tydperk.[1]
Ten spyte van hierdie veranderinge het die nuwe staat nie internasionale erkenning gekry nie, met die Statebond wat beweer dat die "sogenaamde Grondwet van Zimbabwe-Rhodesië" "nie meer wettig en geldig" sou wees nie as die UDI-grondwet wat dit vervang het nie.[2]