1I/ʻOumuamua
From Wikipedia, the free encyclopedia
1I/ʻOumuamua (Engelse IFA: ʔoʊˌmuːəˈmuːə, Hawaise IFA: ʔowˌmuwəˈmuwə), voorheen bekend as A/2017 U1, is sover bekend die eerste interstellêre voorwerp wat deur die Sonnestelsel beweeg het. Dit is op 19 Oktober 2017 deur die Kanadese sterrekundige Robert Weryk ontdek met die Pan-STARRS-teleskoop in Hawaii, 40 dae nadat dit op 9 September op sy naaste afstand van die Son af was. Dit was toe 33 000 000 km van die Aarde af (sowat 85 keer so ver as die Maan) en het reeds weg van die Son af beweeg.
(Alan Fitzsimmons Astrophysics Research Centre, Queen's University Belfast (28-10-2017 [1])ʻOumuamua op 28 Oktober 2017, afgeneem deur die William Herschel-teleskoop. Dit is die ligbron in die middel van die foto, terwyl die agtergrondsterre strepe maak vanweë die teleskoop se beweging terwyl dit ʻOumuamua volg.[2] | |
Ontdekking | |
---|---|
Ontdek deur | Robert Weryk, met die gebruik van Pan-STARRS 1 |
Datum | 19 Oktober 2017 |
Alternatiewe name | 1I/2017 U1[3] |
Kleinplaneet-kategorie | Interstellêre voorwerp[3] Hiperboliese asteroïde[4][5][6] |
Etimologie | Hawaise term vir "verkenner"[3] |
Wentelbaaneienskappe [4] | |
Epog 2 November 2017 (JD 2458059,5) | |
Perihelium | 0,25534±0,00007 AE |
Halwe lengteas | −1,2798±0,0008 AE |
Gem. omwentelingspoed | 26,33±0,01 km/s (interstellêr)[7] 5,55 AE / jaar |
Gem. anomalie | 36,425° |
Gem. beweging | 0° 40m 48.72s / dag |
Baanhelling | 122,69° |
Lengteligging van stygende nodus | 24,599° |
Periheliumhoek | 241,70° |
Fisiese eienskappe |
|
Afmetings | 100 - 1 000 m lank[8][9][10] 230 × 35 × 35 m[11][12] |
Spektraaltipe: | D-tipe asteroïde?[11] |
Skynmagnitude | 19,7 tot >27,5[7][13] |
Absolute magnitude | 22,08±0,445[4] |
ʻOumuamua is ’n klein voorwerp, na raming tussen 100 en 1 000 m lank, met sy breedte wat op tussen 35 en 167 m geraam word.[8] Dit het ’n donkerrooi kleur, soortgelyk aan voorwerpe in die buitenste Sonnestelsel. ʻOumuamua het geen tekens van ’n koma getoon nie, al was hy so na aan die Son, maar het niegravitasionele versnelling ondergaan.[14][15] Hierdie uitwerking word dikwels in ysagtige komete waargeneem,[15][16] maar ander redes is ook voorgestel.[17][18][19] Volgens ’n Nasa-wetenskaplike kan die voorwerp ’n oorblyfsel van ’n verbrokkelde dwaalkomeet (of eksokomeet) wees.[20][21]
Die voorwerp se rotasiespoed is soortgelyk aan die gemiddelde spoed van asteroïdes in die Sonnestelsel, maar is langwerpiger as die meeste ander natuurlike liggame. ʻOumuamua tuimel in die rondte, eerder as om gladweg te draai, en beweeg so vinnig relatief tot die Son dat daar geen kans is dat dit van elders in die Sonnestelsel af kom nie. Dit beteken ook ʻOumuamua kan nie in ’n wentelbaan om die Son aangetrek word nie en sal dus eindelik die Sonnestelsel verlaat en voortgaan op sy reis deur die interstellêre ruimte. Dit sal rofweg 20 000 jaar duur om die Sonnestelsel te verlaat. Die planeetstelsel van waar ʻOumuamua kom, is onbekend.