Albanië
From Wikipedia, the free encyclopedia
Albanië (Albanees: Shqipëri/Shqipëria), amptelik die Republiek Albanië (Republika e Shqipërisë, [ɾɛpuˈblika ɛ ʃcipəˈɾiːsə]), is 'n bergagtige republiek in Suidoos-Europa aan die weste van die Balkanskiereiland. Dit grens aan die Adriatiese en die Ioniese See, asook aan Griekeland, Noord-Masedonië, Montenegro en Serwië/Kosovo. Tirana (of Tirene) is die hoofstad en grootste stad van die land.
| |||||
Nasionale leuse: Ti Shqipëri, më jep nder, më jep emrin Shqipëtar (Albanees vir: "Jy Albanië, gee my eer, gee my die naam Albanese") | |||||
Volkslied: Himni i Flamurit (Albanees vir: "Eed op die vlag") | |||||
Hoofstad | Tirana | ||||
Grootste stad | Tirana | ||||
Amptelike tale | Albanees | ||||
Regering | Unitêre parlementêre grondwetlike republiek Bajram Begaj Edi Rama | ||||
Onafhanklikheid Vorming • Prinsdom Arbanon • Koninkryk Albanië • Prinsdom Albanië • Liga Lezhë • Prinsdom Mirdita • Pasjalik Scutari/Janina • Onafhanklikheid • Prinsdom Albanië • 1ste Republiek Albanië • Koninkryk Albanië • 2de Republiek Albanië • 3de Republiek Albanië • 4de Republiek Albanië • Huidige grondwet |
1190 Februarie 1272 1368 2 Maart 1444 1515 1757/1787 28 November 1912 29 Julie 1913 31 Januarie 1925 1 September 1928 11 Januarie 1946 28 Desember 1976 29 April 1991 28 November 1998 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
28 748 km2 (140ste) 11 100 myl2 4,7 | ||||
Bevolking - 2020-skatting - 2011-sensus - Digtheid |
2 845 955[1] (-) 2 821 977[2] 98 / km2 (63ste) 253,8 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2022-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2022-skatting | ||||
MOI (2019) | 0,795[4] (69ste) – hoog | ||||
Gini (2019) | 30,8[5] – medium | ||||
Geldeenheid | Lek (ALL ) | ||||
Tydsone - Somertyd |
MET (UTC+1) MEST (UTC+2) | ||||
Internet-TLD | .al | ||||
Skakelkode | +355 |
Ten opsigte van sy fisiese struktuur en sy kultuur is Albanië een van die mees geïsoleerde. Albanees is, alhoewel dit deel uitmaak van die Indo-Europese taalfamilie, nie nou verwant aan enige ander Europese taal nie, maar vorm 'n taaltak op sy eie.
Die land, wat vyf eeue lank 'n uithoek van die Ottomaanse Ryk was, het sy onafhanklikheid in 1912 verklaar. Die lang Ottomaanse heerskappy het groot invloed op die godsdienstige en kulturele lewe in Albanië uitgeoefen waar sowat sewentig persent van die bevolking aanhangers van 'n gematigde stroming van die Islamitiese godsdiens is. In 1913 is die Prinsdom Albanië gestig, in 1925 het dit 'n republiek geword en in 1928 is die Koninkryk Albanië gestig.
Ná die Tweede Wêreldoorlog is Albanië tot 'n volksrepubliek verklaar, met 'n dogmatiese kommunistiese bewind onder Enver Hoxha wat ten opsigte van sy politieke beleid aanvanklik noue bande met Joego-Slawië (tot 1948), die Sowjetunie (1948–1961) en die Volksrepubliek China (1961–1977) gehandhaaf het. Nadat bande met Beijing verbreek is, het die bewind 'n onafhanklike politieke koers ingeslaan wat dit verder van die res van die wêreld geïsoleer het.
Toe Albanese in die vroeë 1990's van die kommunistiese bewind ontslae geraak het, moes hulle besef dat hul land die armste in Europa was. Inmiddels het dit in dié opsig Moldowa ingehaal. Albanië is nog steeds besig om 'n ekonomiese en sosio-politieke transformasieproses te ondergaan. Hierdie proses het gepaard gegaan met grootskaalse emigrasie na ander Europese lande en die Verenigde State, 'n skerp daling van geboortesyfers, vinnige verstedeliking en groot sosiale ongelykheid. Soos in baie ander post-kommunistiese samelewings trek ook in Albanië ou politieke en ekonomiese elites die meeste voordeel uit die oorgang na 'n vrye markekonomie. Albanië het op 1 April 2009 saam met Kroasië by die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie aangesluit.
Albanië behou vandag nog 'n geheimsinnige reputasie oor, maar begin geleidelik tot 'n toeristebestemming ontwikkel.