Albanese
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Albanese (Albanees: Shqiptarët) is 'n nasie en etniese groep inheems aan Albanië en aangrensende lande wat Albanees, 'n Indo-Europese taal, as moedertaal praat. Hulle vorm die titulêre nasie van Albanië en maak volgens die laaste sensus van 2011 omtrent 82,6% van dié land se bevolking uit. In Kosovo het Albanese sowat 93% van die bevolking uitgemaak.
- Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Albanees.
Albanese | |
---|---|
Totale bevolking: | ca. 7,5–12,2miljoen |
Belangrike bevolkings in: | Albanië 2,8 miljoen[1] Kosovo 1,6 miljoen[2] |
Taal: | Albanees |
Geloofsoortuiging: | Islam (Soenniete • Bektashi • Soefisme) Christendom (Rooms-Katolieke Kerk • Italo-Albanese-Katolieke Kerk • Ortodokse Kerk van Albanië • Protestantisme) Ongebonde |
Verwante etniese groepe: | Ander Indo-Europese volke |
Albanese deel 'n gemeenskaplike afkoms, kultuur en geskiedenis, maar dié term verwys soms ook na die hele bevolking van Albanië.
Wêreldwyd is daar tussen 7,5 en 12,2 miljoen Albanese, waarvan sowat 2,8 miljoen in Albanië en 1,6 miljoen in Kosovo. In Turkye is daar tussen 500 000 en 5 miljoen Albanese, in Italië 800 000 en in Noord-Masedonië 509 083. Na die einde van die Koue Oorlog het Albanese hulle veral as trekarbeiders in Wes-Europese lande soos Duitsland en Switserland asook in die Verenigde State gevestig.