Alexios III Angelos
From Wikipedia, the free encyclopedia
Alexios III Angelos (Grieks: Ἀλέξιος Γ′ Ἄγγελος; omstreeks 1153-1211) was van 1195 tot 1203 keiser van die Bisantynse Ryk. Hy was die ouer broer van keiser Isak II en die seun van Andronikos Doukas Angelos, ’n militêre leier in Klein-Asië, en Euphrosyne Kastamonitissa. Andronikos was die seun van Konstantyn Angelos en Theodora Komnene, die jongste dogter van keiser Alexios I Komnenos en Irene Doukaina. Alexios was dus lid van die uitgebreide Komnenos-familie.
Kitsfeite Bewind, Huis ...
Alexios III Angelos | |
---|---|
Keiser van die Bisantynse Ryk | |
Bewind | 8 April 1195 - 18 Julie 1202 |
Huis | Angelos |
Voorganger | Isak II Angelos |
Opvolger | Isak II Angelos en Alexios IV Angelos |
Gebore | Omstreeks 1153 |
Oorlede | 1211 |
Vrou | Euphrosyne Doukaina Kamatera |
Vader | Andronikos Doukas Angelos |
Moeder | Euphrosyne Kastamonitissa |
Godsdiens | Oosters-Ortodoks |
Sluit