Amélie Mauresmo
From Wikipedia, the free encyclopedia
Amélie Simone Mauresmo (Frans: [ameli simɔn moʁɛsmo]; gebore 5 Julie 1979 in Saint-Germain-en-Laye, Frankryk) is 'n voormalige Franse tennisspeler.
Kitsfeite Volle naam, Land ...
Amélie Mauresmo in Junie 2014 | ||
Volle naam | Amélie Simone Mauresmo | |
---|---|---|
Land | Frankryk | |
Woonplek | Genève, Switserland[1] | |
Geboortedatum | 5 Julie 1979 (1979-07-05) (44 jaar oud) [1] | |
Geboorteplek | Saint-Germain-en-Laye, Frankryk[1] | |
Lengte | 1,75 m[1] | |
Gewig | 69 kg[1] | |
Afrigter | Loïc Courteau (2002–2008) Hugo Lecoq (2008–2009)[1] | |
Begin professioneel | 1993[1] | |
Afgetree | 3 Desember 2009 | |
Spelstyl | Regshandig (eenhandig handrughou)[1] | |
Loopbaan-wengeld | $15 022 476 (soos op 22 Februarie 2021)[1] (33ste van alle tye)[2] | |
Enkelspel | ||
Loopbaanrekord | 545–227 (70,65%)[1] | |
Loopbaantitels | 25 WTA,[1] 2 ITF | |
Hoogste rang | No. 1 (13 September 2004)[1] | |
Grand Slam-uitslae | ||
Australiese Ope | W (2006) | |
Franse Ope | KE (2003, 2004) | |
Wimbledon | W (2006) | |
VSA-Ope | HE (2002, 2006) | |
Groot toernooie | ||
Olimpiese Spele | Silwermedalje (2004) | |
Dubbelspel | ||
Loopbaan-rekord | 92–62 (59,74%)[1] | |
Loopbaantitels | 3 WTA,[1] 2 ITF | |
Hoogste rang | No. 29 (26 Junie 2006)[1] | |
Australiese Ope | KE (1999) | |
Franse Ope | 2R (1997, 1998) | |
Wimbledon | E (2005) | |
VSA-Ope | 3R (1999) | |
Laaste opgedateer op: 22 Februarie 2021. |
Sluit
Mauresmo het twee Grand Slam-titels by die Australiese Ope en Wimbledon gewen, en ook 'n silwermedalje tydens die Olimpiese Somerspele 2004 ingepalm. Sy was in 2006 vir 34 weke die nommer een tennisspeler op die WTA-ranglys. Sy het in Desember 2009 uitgetree.
Mauresmo was van Junie 2014 tot Mei 2016 die afrigter van Andy Murray.