Andronikos IV Palaiologos
From Wikipedia, the free encyclopedia
Andronikos IV Palaiologos (Grieks: Ἀνδρόνικος Δ' Παλαιολόγος; 11 April 1348 - 25/28 Junie 1385) was die oudste seun van keiser Johannes V Palaiologos. Hy is in 1352 as medekeiser aangestel, maar het ’n moeilike verhouding met sy pa gehad. Hy het in 1373 ’n mislukte rebellie op die been gebring, die troon in 1376-1379 oorgeneem en tot met sy dood in 1385 in ’n bitter stryd met sy pa gebly. Dié burgeroorlog het die Bisantynse Ryk se min hulpbronne verder uitgeput en daartoe bygedra dat die Ottomaanse Ryk die Balkan verower het.
Kitsfeite Bewind, Voorganger ...
Andronikos IV Palaiologos | |
---|---|
Keiser van die Bisantynse Ryk | |
Bewind | 12 Augustus 1376 - 1 Julie 1379 |
Voorganger | Johannes V Palaiologos |
Opvolger | Johannes V Palaiologos |
Gebore | 11 April 1348 Konstantinopel |
Oorlede | 25 of 28 Junie 1385 (op 37) Selimbria |
Dinastie | Palaiologos |
Vrou | Keratsa van Bulgarye |
Vader | Johannes V Palaiologos |
Moeder | Helena Kantakouzene |
Sluit