Arabiese wêreld
geografiese en kulturele streek; kollektiewe term vir die Arabiessprekende lande van Asië en Afrika, of slegs van Asië / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Arabiese wêreld (Arabies: العالم العربي, al-ʿālam al-ʿarabī), of Arabiese state,[6] bestaan tans uit 22 Arabiessprekende lande wat lid van die Arabiese Liga is.[7] Hulle lê in die Midde-Ooste, Noord-Afrika en dele van Oos-Afrika; die gebiede strek van die Atlantiese Oseaan in die weste tot die Arabiese See in die ooste, en van die Middellandse See in die noorde tot die Horing van Afrika en die Indiese Oseaan in die suidooste.[7] Die hedendaagse Arabiese wêreld het ’n gesamentlike bevolking van sowat 422 miljoen, van wie meer as die helfte onder 25 jaar oud is.[8]
Arabiese wêreld | |
---|---|
Oppervlakte | 13 132 327 km2[1] |
Bevolking | 423 000 000[2] |
Digtheid | 29,839/km2[3] |
BBP (KKP) | $2,501 biljoen[4] |
BBP per kapita | $6 647[5] |
Demoniem | Arabies |
Lande | Algerië Arabiese Demokratiese Republiek Sahara |
Organisasie | Arabiese Liga |
Tydsones | +0 tot +4 |
Internetdomein | .asia, .africa |
Grootste stede | Kaïro Bagdad |
In die voormoderne era was die Arabiese wêreld sinoniem met die historiese Arabiese emirate en kalifate. Arabiese nasionalisme het in die tweede helfte van die 19de eeu ’n aanvang geneem saam met ander nasionalistiese bewegings in die Ottomaanse Ryk. Die Arabiese Liga is in 1945 gestig om die belange van die Arabiese volke te verteenwoordig en veral om die politieke vereniging van die Arabiese state na te streef; ’n projek bekend as Pan-Arabisme.[9][10]