BAE Systems Hawk
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die BAE Systems Hawk is 'n Britse enkelmotorige, straleraangedrewe gevorderde opleidingsvliegtuig. Dit het die eerste keer op Dunsfold, Surrey, in 1974, as die Hawker Siddeley Hawk gevlieg, en daarna deur sy opvolgermaatskappye, British Aerospace asook BAE Systems. Dit word in 'n opleidingskapasiteit en as 'n laekoste vegvliegtuig gebruik.
Kitsfeite Hawk ...
Hawk | |
---|---|
Tipe | Opleidingsvliegtuig |
Vervaardiger | Hawker Siddeley (1974–1977) British Aerospace (1977–1999) BAE Systems |
Nooiensvlug | 21 Augustus 1974 |
Vrygestel | 1976 |
Status | In diens |
Hoofgebruikers | Britse Koninklike Lugmag Indiese Lugmag Finse Lugmag Koninklike Australiese Lugmag |
Vervaardig | 1974-huidig |
Aantal gebou | 1 000+ |
Eenheidskoste | £18 miljoen (2003) |
Weergawes | T-45 Goshawk |
Sluit
Operateurs van die Hawk sluit in die Britse Lugmag (Royal Air Force), veral die "Red Arrows" vertoonspan, en 'n groot aantal buitelandse militêre operateurs. Die Hawk is steeds in produksie in die Verenigde Koninkryk en onder lisensie in Indië deur Hindustan Aeronautics Limited (HAL) en meer as 900 Hawks is reeds aan 18 operateurs dwarsoor die wêreld verkoop.