Bipolêre gemoedsteuring
From Wikipedia, the free encyclopedia
Bipolêre gemoedsteuring is 'n siektetoestand wat gekenmerk word deur skommelinge in gemoedstoestand, vanaf uiterste depressie tot uiterste manie. Daar bestaan nuwe geneesmiddels daarvoor, en behandeling kan die simptome grootliks verlig en psigososiale funksionering verbeter.
Kitsfeite
Bipolêre gemoedsteuring | ||
Klassifikasie en eksterne bronne | ||
Bipolêre gemoedsteuring word gekenmerk deur afwisselende periodes van manie en depressie. | ||
ICD-10 | F31 | |
ICD-9 | 296.0, 296.1, 296.4, 296.5, 296.6, 296.7, 296.8 | |
OMIM | 125480 | |
DiseasesDB | 7812 | |
MedlinePlus | 000926 | |
eMedicine | med/229 | |
MeSH | D001714 | |
Mediese waarskuwing |
Sluit
Bipolêre gemoedsteuring het vroeër bekend gestaan as maniese depressie vanweë die gemoedsveranderings vanaf 'n opgewekte "maniese" toestand tot 'n toestand van algehele depressie. Die uitermatige gemoedskommelings wat lyers aan dié steuring ervaar, is vir hulle ontstellend en ontredderend en veroorsaak dat hulle nie normaal in die samelewing kan funksioneer nie.