Björn Borg
From Wikipedia, the free encyclopedia
Björn Borg (Sweeds: [bjœːɳ bɔrj] luister (hulp·inligting); gebore 6 Junie 1956) is 'n afgetrede professionele tennisspeler van Swede. Hy was bekend vir sy ongewone en opwindende speelstyl en het verskeie rekords gebreek. Hy word as een van die beste tennisspelers van alle tye beskou.
Kitsfeite Volle naam, Land ...
Björn Borg in 2014 | ||
Volle naam | Björn Rune Borg | |
---|---|---|
Land | Swede | |
Woonplek | Stockholm, Swede | |
Geboortedatum | 6 Junie 1956 (1956-06-06) (67 jaar oud) [1] | |
Geboorteplek | Södertälje, Swede[1] | |
Lengte | 1,80 m[1] | |
Gewig | 73 kg[1] | |
Afrigter | Lennart Bergelin (1971–1983) Ron Thatcher (1991–1993)[1] | |
Begin professioneel | 1973[1] | |
Afgetree | 4 April 1983[1][2] (terugkeer vanaf 1991 tot 1993) | |
Spelstyl | Regshandig (tweehandig handrughou)[1] | |
Loopbaan-wengeld | $3 655 751 (soos op 18 Julie 2023)[1] (284de van alle tye)[3] | |
Int. Tennisheldesaal | 1987 (ledeblad) | |
Enkelspel | ||
Loopbaanrekord | 654–140 (82,4%)[1] | |
Loopbaantitels | 66[1] | |
Hoogste rang | No. 1 (23 Augustus 1977)[1] | |
Grand Slam-uitslae | ||
Australiese Ope | 3R (1974) | |
Franse Ope | W (1974, 1975, 1978, 1979, 1980, 1981) | |
Wimbledon | W (1976, 1977, 1978, 1979, 1980) | |
VSA-Ope | E (1976, 1978, 1980, 1981) | |
Groot toernooie | ||
Toereindronde | W (1979, 1980) | |
WTA-kampioenskap | W (1976) | |
Dubbelspel | ||
Loopbaan-rekord | 93–89 (51,1%)[1] | |
Loopbaantitels | 4[1] | |
Hoogste rang | No. 31 (1 Maart 1976)[1] | |
Australiese Ope | 3R (1973) | |
Franse Ope | HE (1974, 1975) | |
Wimbledon | 3R (1976) | |
VSA-Ope | 3R (1975) |
Sluit
Borg het Wimbledon van 1976 tot 1980 vyf keer in 'n ry gewen,[4] meer as enige speler vantevore, totdat Roger Federer hom geëwenaar het. Borg het ook ses Franse Ope-toernooie ingepalm, wat later deur Rafael Nadal oortref is. Oor sy loopbaan wen hy 11 grandslamtitels in 'n totaal van 62 toernooie.
Sedert sy aftrede het hy 'n klerereeks bedryf. Hy het twee seuns, Robin (gebore in 1985) en Leo (gebore in 2003).