Bob Loubser
From Wikipedia, the free encyclopedia
Bob Loubser (Johannes Albertus Loubser) was 'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler en politikus. Hy is gebore op 6 September 1884 op die plaas Oortmanspost, Durbanville en oorlede op 7 Desember 1962 te Stellenbosch. Hy is die elfde geslag afstammeling van Nikolaus Laubscher van Switserland wat hom in 1676 in die Kaap en later op Stellenbosch gevestig het.
Kitsfeite Volle naam, Geboortedatum ...
| |||||
Bob Loubser | |||||
Volle naam | Johannes Albertus Loubser | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboortedatum | 6 Augustus 1884 | ||||
Geboorteplek | Durbanville, Suid-Afrika | ||||
Sterftedatum | 7 Desember 1962 (op 78) | ||||
Lengte | 1,73 m | ||||
Massa | 76,2 kg | ||||
Skool | Paul Roos Gimnasium | ||||
Universiteit | Universiteit van Stellenbosch | ||||
Beroep | Prokureur Landmeter Lid van die Volksraad | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Vleuel | ||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
1903-1910 1910 |
WP Transvaal |
||||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
1903-1910 | Suid-Afrika | 7 | (9) |
Sluit
Die bynaam “Bob” is afkomstig van ’n bynaam wat deur ’n Engelse goewernante aan hom gegee is vanweë sy voorkoms wat soos dié van Lord Roberts was en die bynaam “Bobs” gehad het.