Bokmål
From Wikipedia, the free encyclopedia
Bokmål, wat letterlik "boektaal" beteken, is een van die twee Noorse standaardtale. Soos die ander Noorse standaardtaal, Nynorsk, is dit hoofsaaklik 'n geskrewe taal, aangesien die meeste Noorweërs dialekte praat wat in verskillende mates van die geskrewe taal verskil. Bokmål is verwant en deels afgelei van 19de eeuse Deens. Van die twee Noorse vorms is Bokmål die oudste en word dwarsoor die land gebruik – deur 'n geraamde persentasie van 85-90% van die Noorweegse bevolking. Een uitsondering is Wes-Noorweë, waar 'n meerderheid van die sprekers nog steeds Nynorsk gebruik. Bokmål is ook die mees algemene standaard wat aan buitelandse studente van die Noorse taal geleer word. 'n Meer konserwatiewe ortografiese standaard, algemeen bekend as Riksmål, is nie 'n amptelike taalvorm nie, maar wel wyd in gebruik deur koerante en skrywers.
Bokmål bokmål | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Noorweë | |
Gebied: | Noord-Europa | |
Totale sprekers: | Geen Net geskryf | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Germaans Noord-Germaans Wes-Skandinawies Bokmål | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Nordiese Raad Noorweë | |
Gereguleer deur: | Språkrådet Det Norske Akademi for Sprog og Litteratur | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | nb | |
ISO 639-2: | nob | |
ISO 639-3: | nob | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |