Bulembu
From Wikipedia, the free encyclopedia
Bulembu is 'n nedersetting en grenspos in Eswatini en het voorheen bekend gestaan as Havelock. Die dorpie is feitlik langs die grens met Suid-Afrika; aan die Suid-Afrikaanse kant staan die grenspos bekend as Josefsdal.
Kitsfeite Land, Distrik ...
Bulembu | |
---|---|
Grenspos | |
Koördinate: 25°57′0″S 31°8′0″O | |
Land | Eswatini |
Distrik | Hhohho |
Bulembu Ministries Swaziland | 2006 |
Bevolking | |
• Totaal | 2 000 |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Skakelkodes | +268 |
Grenspos-ure | 08:00 tot 16:00 |
Webwerf | http://www.bulembu.org/ |
Sluit
Bulembu is 'n klein dorpie geleë in die noordweste van Hhohho, Eswatini, 10 km wes van die dorpie Piggs Peak. Bulembu is geleë bo die Komati-vallei op Eswatini se Hoëveld, en is vernoem na die Swazi-woord vir 'n spinnerak.
Die dorp Bulembu word privaat besit deur die nie-winsgewende Bulembu Ministries Eswatini. Die Bulembu-stigting is gebaseer in Vancouver, Kanada.
Die R40-provinsiale roete wat dit met Phalaborwa verbind, eindig hier.