Caledonië
From Wikipedia, the free encyclopedia
Caledonië is ’n ou naam vir Skotland, wat in poësie aangetref word en vandag dikwels in die name van Skotse maatskappye gebruik word.[1] Caledonië was oorspronklik die Latynse naam wat die Romeine aan die gebied in die hedendaagse Skotland noord van hul provinsie Britannia gegee het. Dit lê dus verby die grense van die Romeinse Ryk. Vandag word die naam hoofsaaklik as 'n romantiese of poëtiese naam vir Skotland in sy geheel gebruik.