Casa Milà
From Wikipedia, the free encyclopedia
Casa Milà (Katalaanse uitspraak: ['kazә mi 'la]; Spaanse uitspraak: ['kasa mi 'la]), is ook algemeen as La Pedrera of die "Steengroef" bekend. Dit is 'n verwysing na die onkonvensionele, ruwe gekapte voorkoms van die gebou. Casa Milà is 'n modernistiese gebou in Barcelona, Katalonië, Spanje. Dit was die laaste privaatwoning wat deur argitek Antoni Gaudí ontwerp is, en is tussen 1906 en 1912 gebou.
Die gebou is in 1906 in gebruik geneem deur Pere Milà [ca; es] en sy vrou Roser Segimon [ca; es]. Die gebou was destyds kontroversieel vanweë die golwende klipfasade en gedraaide smee-yster balkonne, wat deur Josep Maria Jujol ontwerp is. Verskeie strukturele innovasies sluit 'n selfondersteunende klipgewel, 'n oopplan uitleg, ondergrondse motorhuis en die skouspelagtige terras op die dak, in.
In 1984 is die gebou deur UNESCO tot 'n wêrelderfenisgebied verklaar . Sedert 2013 is dit die hoofkwartier van die Fundació Catalunya La Pedrera [ca; es] wat besoeke aan die gebou, [1] uitstallings en ander kulturele en opvoedkundige aktiwiteite by Casa Milà, administreer.