Cecil John Rhodes-standbeelde
From Wikipedia, the free encyclopedia
In Suid-Afrika, Zimbabwe en Engeland is daar verskeie stand- en borsbeelde van Cecil John Rhodes. Rhodes was 'n Britse kolonialis, sakeman, mynmagnaat en politikus in Suid-Afrika. Rhodesië (tans Zimbabwe) is na hom vernoem. Die Rhodes-beurs word uit sy boedel gefinansier.