Charles Montesquieu
Franse filosoof / From Wikipedia, the free encyclopedia
Charles Louis de Secondat, baron de La Brède et de Montesquieu (kasteel van La Brède naby Bordeaux, 18 Januarie 1689 – Parys, 10 Februarie 1755, sy naam word gereeld verkort tot Charles de Montesquieu of slegs Montesquieu), was 'n Franse filosoof. Hy word beskou as een van die grondleggers van die sosiologie en as een van die belangrikste filosowe tydens die Verligting. Die huidige politieke instellings in Westerse demokrasieë is mede gebaseer op idees van hom en John Locke. Sy idee van die skeiding van die magte is veral belangrik. Dit kom voort uit sy kritiek op die Franse samelewing in die tyd en dan veral as gevolg van die buitensporigheid van die absolutisme, wat hy aandui as despotisme.
Kitsfeite Geboortenaam, Gebore ...
Charles Montesquieu | |
Portret van Montesquieu in 1728 | |
Geboortenaam | Charles-Louis de Secondat, Baron de La Brède et de Montesquieu |
---|---|
Gebore | (1689-01-18)18 Januarie 1689 Château de la Brède, La Brède, Akwitanië, Frankryk |
Oorlede | 10 Februarie 1755 (op 66) Parys, Frankryk |
Nasionaliteit | Frankryk |
Vakgebied | Politiese filosofie |
Bekend vir | Skeiding van staatsmagte: uitvoerende, wetgewende, regterlike; klassifikasie van regeringstelsels op grond van hul beginsels |
Beïnvloed deur | Aristoteles, Cicero, Thomas Hobbes, Polybius, René Descartes, Nicolas Malebranche, Jean Bodin, John Locke, 18de-eeuse Britse grondwet |
Invloed op | David Hume, Thomas Paine, Jean-Jacques Rousseau, Edmund Burke, Amerikaanse grondwet en politiese stelsel, Georg Wilhelm Friedrich Hegel, Alexis de Tocqueville, Émile Durkheim, Hannah Arendt, Adam Ferguson |
Sluit